Carien van der Westhuizen gesels vrouwees, skoonheid en bederfies

Carien-Vd-Westhuizen

Carien van der Westhuizen gesels vrouwees, skoonheid en bederfies

Sy is die immer stylvolle ma van gewese supermodel Minki van der Westhuizen. Een kykie na Carien van der Westhuizen bevestig “Minki got it from her mama”! Carien deel haar gedagtes rondom skoonheid met ons.

Wat beteken skoonheid vir jou? 

Die spreukwoord sê: “Skoonheid vergaan maar deug bly staan.”  Alhoewel ‘n mens hollisties moet leef om jou natuurlike skoonheid solank as moontlik te behou, is dit die innerlike skoonheid wat mense aanraak en onthou.

Wat laat jou goed voel oor jouself?

Wanneer ek ‘n goed voel met die klere wat ek dra, ‘n  goeie haarsny gehad het en ek moeite gedoen het met my grimering.

Hoe bederf jy graag jouself?

Met ‘n goeie gesigbehandeling en goeie grimering.

Wie is vir jou die mooiste vrou, en hoekom?

Dis ‘n moeilike vraag om te beantwoord, want daar is soveel beeldskone vroue van alle ouderdomme.  Die 70-jarige Maye Musk is ‘n toonbeeld van selfvertroue, styl en skoonheid.

Watse skoonheidsadvies sou jy jou 18-jarige self wou gee? 

Drink baie water, volg ‘n goeie velsorgroetine en vermy die son en gebruik elke dag ‘n goeie sonskerm.

Wat is die belangrikste ding wat jy nou oor skoonheidd verstaan? 

Wat jy by jou mond insit, het ‘n rimpeleffek op jou hele liggaam, jou gesondheid, jou hare, jou vel, jou oë en jou gemoed.

Wat omtrent vrouwees vier jy hierdie Vrouemaand? 

Die veelkantigheid van ‘n vrou, haar moedersinstik, haar werksektiek, vermoëns en innerlike sterkte.



NEWSLETTER

Subscribe to our monthly newsletter and receive Special Offers and updates from the Field Notes health and wellness blog.